Skole
Home Up Akkommodasie Besienswaardighede Uithourit Kalender Skole Mediese Sorg Sport Klimaat Werkskepping Galery Eiendom te Koop Terugvoer


Fauresmith

In Fauresmith is daar tans vier skole.  Twee is primêre skole en twee sekondêre skole.

Primêre skole:

Vooruitzicht - graad een tot graad sewe

Skynkaroo Kollege (privaat skool) - graad een tot graad sewe

Sekondêre skole:

Tswaraganang

Hoërskool Olien

Skynkaroo Kollege (privaat skool)

Skynkaroo KollegeSkynkaroo Kollege vir Christelike Onderwys is in 1998 geopen.  Die skool word bedryf as 'n artikel 21 maatskappy, en het by die landbougronde in Fauresmith begin met 3 leerkragte en 40 kleuters en primêre leerlinge.

Vandag staan die skool baie sterker op 62 leerlinge en 5 leerkragte.  Die skool word in sy eie geboue gehuisves.  Die goeie akademiese standaard sluit ook in dat leerlinge rekenaarvaardig gemaak word in die skool se rekenaarsentrum.

Die gemeenskappe van Jagersfontein en Fauresmith dra die skool se belange so goed op die hart dat boere onlangs 100 skaapooitjies geskenk het en die skool nou sy eie boerdery bedryf.

Die skool se visie is om breër te gaan as die spektrum en daarom is die skool se leuse: "Verbreed jou Visie". 

 
Send mail to the Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 2002 - 2013 WB Matthee & Associates
Last modified: 10 June 2013

                                          Proudly South African