Flora
Home Up Flora Voëls

NEOHENRICIA

Neohenricia kom slegs voor in 'n smal strook vanaf Victoria-Wes tot by Fauresmith, en ook by Sterkstroom in die Oos-Kaap.  In die Fauresmith-Distrik kom dit slegs voor op die plaas Spitskop, wat tot Nasionale Natuurerfenisgebied verklaar is a.g.v. die voorkoms van Neohenricia.

NeohenriciaNeohenricia is vernoem na Dr Marguerite Henrici (1892 tot 1971), 'n plantfisioloog wat werksaam was by die Veldreserwe op Fauresmith.

Die plant is 'n dwergagtige kruipende vetplant, minder as 20mm hoog, met sagte, tingerige blare.  Die stingels van die blomme is lank en dun, sodat die geurige blomme bo die plant gedra word.

Die plante blom oor 'n lang tydperk gedurende die somer, en maak oop teen sononder en toe teen sonop.  Die blomme is geurig, en ruik na pynappel (N. sibbettii) of licorice (N.spiculata).  Dit is veral opmerklik op warm somersaande.

Hierdie blad is tans onder ontwikkeling

Kom loer asb gou weer in

 
Send mail to the Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 2002 - 2013 WB Matthee & Associates
Last modified: 10 June 2013

                                          Proudly South African